M is vir Ma

Die Vloekwoord

Moederlief sit by die venster,

besig met kouse stop.

Binne snel haar seuntjie Jannie,

asem uit op ‘n gallop.

“Moeder” sê die kleine Jannie,

“Moeder,het vir ons geleer:

as ons woorde sê wat stout is,

maak ons ma se hart so seer.”

“Ja, my kindjie” sê die moeder,

“wat het my kind gesê?”

“Ma , dis Boetie, dis nie ek nie!

Dis ‘n vloekwoord wat hy sê”

“Kom nou Jannie” , sê die moeder,

“wat het Boetie dan gesê?

Moeder kan hom mos nie straf nie,

voordat jy die saak uitlê”

“Ag,” sê Jannie, “dis te vreeslik,

Ma se hart sal sommer breek.

Ma sal dit seker nie glo nie,

maar hy sê….hy sê….APTEEK!”

Henriette Pienaar

 

Leave a Reply

Name *
Email *
Website