My naam is Louise Bodenstein. Ek is ‘n Tuisskool ma van ses pragtige kinders en steeds baie gelukkig getroud. Ek is tans woonagtig in Otjiwarongo , Namibie. Ons het in 2016 terug getrek hierheen , nadat ek al my grootword jare op ‘n plot net buite Pretoria spandeer het.
Ek Tuisskool sedert die begin (2004) , hoewel ek vir ‘n tydperk van amper 2 jaar my oudste 2 kinders skool toe gestuur het. Ek is ‘n kennis vraat en aangesien Tuisskool my passie is, is ek konstant besig om meer te leer.Wanneer ander mense besig is om  TV te kyk, is ek besig om artikels te lees oor ontwikkeling en opvoeding van kinders.
Ek is uitgedeel met ‘n baie “brainy” kind met ‘n hoĂ« IK wat altyd wil gestimuleer wees , ‘n disleksiese , kunsinnige kind – wat besonders begaafd is met haar lyf (eistedfod wenner in ballet en goue medalje wenner in Gimnastiek) en wat die mooiste kuns skeppings kan maak, en ‘n seun met ‘n spraakprobleem , wat uitmuntend vaar met wiskunde en die mooiste sagste hart het.My Graad 1 seuntjie is ‘n “Gig” in sy sussie se woorde – ‘n klein ingeneurtjie in wording. My Graad R dogtertjie is net so ‘n sterk persoonlikheid soos my oudste – en glo baie keer ook sy is die oudste! ‘n Regte leiertjie! My baba van 2 is almal in die gesin se witbroodjie en verskaf vir ons onneidig baie laggies en genot!
My benadering tot Tuisskool is sterk eklekties met ‘n goeie dosis van Charlotte Mason se metodes.
Ek het op skool aan elke moontlike sport deelgeneem en selfs Noord- Transvaal teenwoordig met hoogspring, verspring en 100m. Verder het ek op laerskool Gimnastiek  gedoen en daar ook baie goed gevaar. Na ‘n rugbesering het ek oorgegaan ballet toe op hoĂ«rskool – en hoewel dit net vir genot was is ek steeds versot op die prag en kuns van ballet. Met hierdie sport agtergrond is ek tans ook ‘n Fungym afrigter (gimnastiek vir voorskool) en Gimnastiek afrigter vir die seuns in ons klein dorpie :-).
Ek is passievol oor die behoud van ons taal – Afrikaans . Ek glo ook dat ‘n kind die reg het om in sy moedertaal onderig te word.Daar is ‘n ongelooflike behoefte aan meer Afrikaanse Tuisskool programme en ek hoop om met Lieflik en Loflik iets daar te stel wat reg laat geskied aan ons pragtige taal sodat ons kinders ook hulle kinders in Afrikaans sal wil opvoed!
Ek is ook die skepper en eienaar van die webblad: www.tuisskoolinafrikaans.weebly.com waar jy gratis toegang het tot hope gratis Afrikaanse hulpbronne.
Jy is welkom om my te kontak op:
info@lieflikenloflik.co.za of telefonies op +264 81767 1353
Lieflik en loflike groete
Louise