Algemene Vrae
- Ek hou hiervan – hoe koop ek? Druk op die kursus wat jy wil koop. Gaan af op die bladsy tot waar dit sê : Enroll. Druk op Enroll. Vul jou gegewens in op die vorm en druk koop. Dit vertoon dan ‘n skerm met my bankbesonderhede waar jy deur middel van ‘n bank oorplasing kan inbetaal. As jy die oorplasing gedoen het – epos die bewys van betaling na my toe en ek sal jou so gou as moontlik inskryf en verwittig dat dit gedoen is.
- Hoe lank het ek die gebruik van die produk wat ek aankoop? Jy het vir altyd toegang/ of so lank as wat die webtuiste bestaan – wat ek hoop nog baie jare is 🙂
- Wat as ek nie tevrede is met die produk nie? Jou tevredenheid is vir my belangrik.Kontak my onmiddelik met enige ontevredenheid .
- Ek is ‘n Onderwyser.Sal hierdie program werk in ‘n klas opset?Ja, dit kan verseker werk. Jy sal nodig hê om bandwydte te kan gebruik by die skool waar jy is – en natuurlik sal jy die media moet kan vertoon – of op ‘n rekenaar -of op ‘n monitor wat toegang het tot die internet.Ek sal ook aanraai dat jy die vorige dag die uitdruk werk doen wat moet gedoen word en ander voorbereidings wat dalk nodig is.Hierdie program kan jou help om ure se voorbereiding en les beplanning uit te sny en kan aanvullend gebruik word tot enige ander program wat jy volg.
E-pos my gerus met nog vrae- ek antwoord graag!