Die idee agter die voorskoolse Letters

Ek loop reeds jare rond met ‘n begeerte om ‘n Afrikaanse “Easy Peasy” daar te stel. Uiteindelik het die tyd aangebreek vir hierdie droom om ‘n werklikheid te word!

Die Voorskoolse letters moet bo  alles die naam van “Lieflik en Loflik” onderskryf. Ek wil hê die kind moet op een of ander stadium sê : “Hierdie is so mooi mamma!” Ek het ‘n dringende begeerte om ons kinders van jongs af aan die mooi in die lewe bloot te stel – en ek hoop om dit deurgaans te kan deurdra in elke program wat ek bekend stel.

Hierdie is ook ‘n geïntegreerde program. Nie net poog ek om verskillende mediums te gebruik om leer vas te lê nie , ek probeer soveel as moontlik assosiasies daar stel as “hakkies” waaraan alle ander inligting gehak kan word. Ek wil ook in elke program die sintuie soveel as moontlik stimuleer om te help met sensoriese integrasie probleme en poog ook om aktiwiteite in te sit wat gewoonlik sal deel uit maak van spraak terapie of arbeids terapie. Hierdie is dus ‘n program wat die “hele” kind aanspreek.

Natuurlik moet dit ook pret wees om Letters te leer! Ek hoop die aktiwiteite, liedjies , stories en meer gee vir mamma en kind iets om oor te glimlag en skep tussen julle ‘n band van liefde en geluk in mekaar se teenwoordigheid. Soos Ambleside International sê : “ Is it good to be me , here with you?”

Baie van die materiaal wat gebruik word is vrylik op die internet beskikbaar – ek verpak dit net sodat dit meer toeganklik is vir die gebruiker. Daar is ook materiaal betrokke wat ek self ontwikkel het. Die hele webtuiste is onder kopiereg en dus sal ek gebruikers se respek vir hierdie feit waardeer.

Daar is baie liefde en sorg in hierdie program ingesit en ek hoop dat dit sal deurskemer na my gebruikers toe.

Mag julle geseën word deur die gebruik van hierdie program!

Lieflik en loflike groete

Louise

 

6 thoughts on “Die idee agter die voorskoolse Letters

  1. Christien Küsel June 28, 2017 at 8:02 am

    Liewe Louise
    Baie dankie vir al jou moeite en liefde wat jy in hierdie program insit vir ons ander mede Afrikaanse mammas. Ons waardeer dit.
    Jy is ‘n yster vrou en ‘n absolute inspirasie.
    Ek bid vir jou en sien so uit om te sien hoe Lieflik en Loflik haar baba skoene uit skop.

    • lieflikenloflik June 28, 2017 at 8:38 am

      Baie dankie Christien!Ek is net so opgewonde oor die toekoms. Baie dankie vir jou ondersteuning en aanmoedinging! Dit maak my hart warm! Lieflik en Loflike groete! Louise.

  2. Marli Beukes July 18, 2017 at 8:59 pm

    Hierdie program is ‘n antwoord op al my gebede! Soooo baie dankie! Ek stuur binnekort vir jou ‘n e-pos:)

    • lieflikenloflik July 18, 2017 at 9:33 pm

      Dit maak my hart bly om dit te hoor! Ek sien uit daarna om van jou te hoor! xx

  3. Annamarie de Villiers October 11, 2017 at 10:41 am

    Baie dankie Louise, uiteindelik het ek nou iets wat my amper 7 jarige dogtertjie en amper 4 jarige seuntjie saam kan geniet en doen! Ons het die eerste letter baie geniet, veral die mooi musiek van Adam Tas en die leer van Arende, Apies en Akkedisse. Ons sien uit na die volgende letters!

    Baie seën vir jou en jou gesin,

    Annamarie

    • lieflikenloflik October 11, 2017 at 12:23 pm

      Baie dankie Annamarie! Ek voel uiters geseënd dat ander mense my liefdestaak kan geniet en waardeer! Baie dankie vir jou ondersteuning! Ek hoop julle geniet die volgende letters net so veel. Baie liefde en seën vir julle ook!
      Lieflik en loflike groete
      Louise

Leave a Reply

Name *
Email *
Website