Back to: Dag 4:Land van ons Vaders
L staan vir Land
Leer hierdie liedjie en sing saam! Ons sing net die eerste versie – maar lees ook die tweede versie vir jou kind , dit is so mooi.
LAND VAN ONS VADERS
Woorde: JAN H. PIENAAR: Vers 1; P. MCLACHLAN: Vers 2, 3
Musiek: Walliese Volkslied, J. JAMES; verwerk: ANNE WIUM
O land van ons vaders, so ruim en so vry,
ons sing van jou glorie, verruk en verbly;
jou stryders het dapper hul laste gedra,
vir vryheid wat Vaderland vra
[REFREIN]
Suidland, my land, ons Vaderland;
ons hart en ons hand jou liefde ten pand;
tot sterwens toe, ons Vaderland.
O tuiste, o Suidland, ons woning, ons trots,
jou berge en vlaktes, jou seestrand en rots;
jou bodem so kosbaar dit wil ons behou,
bewaar met ons liefde en trou!
[REFREIN]
Suidland, my land, ons Vaderland;
ons hart en ons hand jou liefde ten pand;
tot sterwens toe, ons Vaderland.