Taimi tuisskool

Taimi: ta-hie-mie, ‘n woord uit die Finse taal wat beteken “jong groeiende boompie”. Ons kinders is jong groeiende boompies, kosbaar en gretig om te groei.

Die Taimi tuisskool-gesin het vir Louise van Lieflik en Loflik genader, om hulle eie lesplanne te deel met Lieflik en Loflik. Louise het die mamma van Taimi tuisskool toegang gegee tot die webwerf, sodat sy haar lesplanne kan deel.

Die lesplanne sal gedeel word soos mamma dit optrek. Soms sal daar daagliks ‘n lesplan verskyn, soms weekliks of maandeliks – mamma het BAIE hooi op haar vurk!

Nota vir die sekulêre of anders-gelowige gesin: Ons lesplanne integreer die Bybel en Christenskap nie dwarsdeur al die dele van ons lesplan nie en ons gesin identifiseer as OEC en nie YEC nie. Deur die Bybelverhale en kerkliedere uit te sny, sal jy grootliks alle Christen-aspekte uitsny (soms kan daar in tradisionele Afrikaanse bronne soos spreekwoorde wel Christen-aspekte teenwoordig wees). 

Die lesplanne wat Taimi oplaai, is gratis.