Siedaar! Leesprogram

 

Die vlak 1 program begin met al die kort klinkers.

Afdeling A leer die kinders hoe om twee-letter klanke saam te voeg om een klank te maak bv. “ba, be,bi,bo,bu”

In Afdeling B fokus ek op ‘n klinker op ‘n slag. Ons oefen eers weer die twee- letter klanke en dan voeg ons ‘n derde klank by om ‘n drie –letter woord te maak bv. ka , ka-t , kat . In Afdeling B doen ons ook woorde wat rym b.v. kat,sat, mat . Vir die woorde wat in elke eenheid(klinker) behandel word is daar ooreenstemmende Montessori geinspireerede uitdrukbare bladsye – met verduidelikings hoe om dit te gebruik. Kinders bou die woorde deur die “Montessori moveable alphabet” letters te gebruik, dan pas hy die woorde en hulle prentjies by mekaar en dan sorteer hy woorde wat rym onder mekaar.(Dit is alles lamineerbare bladsye wat ingesluit is in die program).

In elke Eenheid is daar ook sigwoorde wat geleer word ( sigwoord kaartjies is ook ingesluit) en die kind leer stelsel matig om sinnetjies te lees met die woorde wat hy reeds geleer het.

Afdeling C verhoog die moeilikheidsgraad ‘n titseltjie – die kind moet Afdeling B eers goed onder die knie hê voordat Afdeling C aangepak word.  Die kind leer nou eers om twee letter mede-klinker kombinasies , agter en voor aan ‘n woord/ klank te plaas om ‘n 4 letter woord te vorm. Weereens word daar op ‘n klinker op ‘n slag gefokus soos “a” met agtervoegsel : -lt …hal-t ,halt  en voorvoegsel bl- , bla-d , blad. Woorde is outomaties in rymwoorde gerangskik volgens agtervoegsels , maar nie voorvoegsels. Net soos in Afdeling B is daar woorde wat uitgepak kan word met die “Montessori moveable alphabet letters” , sigwoorde , woorde wat by hulle bypassende prentjies gepas kan word en rymwoorde wat onder mekaar gerangskik kan word. Daar is ook sinnetjies vir elke eenheid wat die kind kan lees.

Afdeling D bevat al die lamineerbare bladsye wat saam met elke eenheid gaan.

 

Ons eindig die vlak met 4 letter woorde.

 

 

Course Information

Categories:

Author Information

lieflikenlofliklieflikenloflik

Siedaar!

R150.00

Siedaar! Leesprogram

Leave a Reply

Name *
Email *
Website